Toerusting is een van die belangrike fasette van die bediening en daarom word in die prediking sterk daarop gefokus.  Ons het egter ook ‘n toerustingskool waar verskillende fasette van menswees hanteer word,  om lidmate vanuit die Woord van God (die Bybel) toe te rus om gesond,  vervullend en effektief,  as wedergebore kinders van die Here in die sameleweing te funksioneer en ‘n verskil in die gemeenskap te maak,  in die Naam van Jesus Christus,  deur die kragtige werking van die Heilige Gees.


Ons is tans besig om die toerustingskool te herstruktureer en wil veral mense wat seergekry het (huwelike,  verwerping,  selfbeeld, ens),  toerus om ons pro- sesse van genesing te verstaan,  sodat hulle makliker kan saamwerk wanneer ons beraders met hulle die pad van genesing begin stap na genesing.  Ons wil graag die hele gemeenskap bedien en betrek om betrokke te raak,  sodat Jesus Christus verheerlik kan word en sy koninkryk kragtig kan kom in hierdie dorp.  Ons fokus baie sterk op die genesende krag van God,  deur sy Heilige Gees,  om mense innerlik vry te laat kom,  sodat hulle ander weer kan help om bruikbare instrumente in die Here se hande te wees.


Stephenh Heyns                                                                   26 April 2010